Omgee Stories Introduction

Voorstel van:

Opsigter Francois Joubert

Daardie woord “opsigter” kan uit die Grieks vertaal word met; “Sersant Majoor”. U wat in ons geliefde “army” diens gedoen het sal weet dat die “Sersant Majoor” was die troepie se pa. ma. Boetie, sussie, kat, hond en wat ookal die arme troepie nodig het. Nou ek vergelyk die “manne” van Omgee nie met troepies nie, maar hulle het ook behoeftes. En dit is net daar waar ek inkom. Ek “opsig” nie net nie, ek voldoen aan baie meer as dit.

Ek is nou bykans 7 maande by Omgee betrokke en het een ding baie duidelik geleer in hierdie veld van werk. Hoe meer jy van hierdie mense weet hoe minder weet jy van hierdie mense. Dis nou werklik ‘n “spesie” op sigself. Onverstaanbaar, ongewild, ongeliefd maar net soveel mens as ons kamstige normale mense. In die tyd wat gaan kom sal ek die lesers ‘n bietjie inlaat in die wêreld van die verslaafde, wat snaaks genoeg nie veel verskil van die wêreld van die “onverslaafde” nie. Soms wonder ek of ‘n mens “onverslaafde” mense kry?

Ek sal met u deel die lief en leed van hierdie wêreld. Natuurlik sal ek nie name gebruik nie. Net ingeval iemand nou bekommerd raak. Dis tog maar net my naam wat belangrik is, of dalk glad nie.

Sien uit na ons reis saam in hierdie wêreld.

Groete = Ek.

Posted in Blog, Omgee Stories.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *