DIE “TIK KOP” DELLEMA.
Daar was verskeie kere in die nuus en ander medias die gevalle van waar 'n ouer sover gegaan het om sy kind te vermoor, want hy kon nie meer die kind onder die invloed van “tik” hanteer nie. Daar is selfs 'n verhoogstuk daaroor gedoen en miskien ook 'n “movie”. Nou ek het nie een van die twee gesien nie, maar het my eie ondervinding van so iemand gehad.
Nie my eie keuse nie, en nogal ook nie negatief nie.
Laat my vertel;
Omgee funksioneer volgens 'n bepaalde program wat daarop gemik is om hierdie persone wat by Omgee is te help om die verbysterde pad weer behoorliik aan die horings te gryp en vorentoe te beur.
Nou het ons een van die dierbare “tik koppe” en ek sê dit met deernis, hier by ons gehad. Nou volgens die program is daar gereeld op 'n Vrydag iemand wat hulle storie kom vertel. Ons almal het mos maar stories, dan nie? Hierdie persoon was ook een van die sogenaamde “tik koppe” weer met deernis. Na 'n halfuur was die storie klaar. Almal gelukkig en opgebeur, behalwe ons vriend. Hy kom na die sessie na my toe, effens opgewerk. Sy woorde was;
“Nou is ek getik. Dis 'n goeie storie, maar al wat ek gehoor het was ..tik...tik...tik.. en nou is ek getik. Nou is ek lus om die draad te spring en getik te word daar buite waar geen hulp is nie. As die persoon(hy noem die persoon se naam, maar ons gebruik nie name hier nie. Net myne) gepraat het oor kos en allerhande lekkernye sou ek jou nou gedwing het om iets lekkers te gaan koop. Asseblief, kry ons aandag af van ons probleem en plaas dit op dit wat gaan help.”
Nou sê ek nie die stories help nie, dit help beslis vir ander, maar het daardie dag nie ons vriend gehelp nie. Hy is nie nou meer by ons nie en ek hoop dat hy daar buite in die samelewing sy lekkernye gekry het.
Groete van “onverslaafde” (miskien) en “verslaafdes” beslis.
EKKE.