Raak onstlae van die goed deur dit te “Tik”

Ons lewens begin met die feit dat ons niks besit nie, en vir die eerste paar maande het ons ook nie die reg om iets te besit nie. Ons word dan besit deur diegene wat besit geneem het van ons lewens en nou daarvoor verantwoordelik is.  Ons ouers.

Namate ons dan nou opgroei begin ons besit neem van sekere dinge wat deel is van ons opvoeding en groot word. Namate ons verantwoordelikheid toeneem word dit wat ons besit al hoe meer en kry ons meer verantwoordelikheid oor dit wat ons het, asook dit wat ons wil hê.

Toe hoor ek op ‘n dag, oppad vanaf ‘n vergadering van gerehabilteerde verslaafdes, wat al, alles in hulle lewe verloor het as gevolg van verslawing ‘n interresante gesprek- Daar word toe nou onder andere gepraat van die verskillende
soorte van goed wat gebruik word.

Die een pragmens verwys toe na die aanbod wat “tik” aan hom gedoen het. Hy vertel ons dat hy verslaaf was aan verskeie dinge asook alkohol. Hy het nooit “tik” gebruik nie. Eers toe hy in die Kaap gekom het, het hy die uitdaging wat “tik” bied, aanvaar. Hy sê vir ons dat wat die ander verlawings middels nie kon doen, in 12 jaar nie, het “tik” gedoen in 2 jaar. Alles weg geneem.

Dus as onwelkome raad sou ek sê dat wanneer jy moeg raak vir dit wat jy besit – geld, kar, huis, klere, vrou, kinders, kat, hond, goudvissie – “tik dit”.

Dis nou net as jy regtig nie wil luister na goeie raad van jou ondersteunings groep, wie dit ookal mag wees nie. Die keuse in die lewe van die verslaafdes en miskien ook die sogenaamde “onverslaafdes” is, wat gaan ek doen?

Gaan ek “tik” of gaan ek “luister”?

Groete
Ekke.

Posted in Blog, Omgee Stories.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *