SUPPORT=SUPPORT=SUPPORT (Afr)

Sommige situasies is gebeure wat onverwags en ongevraagd na vore tree. Ek is seker dat ons almal al in een of ander benarde situasie verkeer het waar ons baie beslis kon doen met ‘n bietjie “SUPPORT” van enige kant af moontlik.

Neem as voorbeeld ons geliefde en soms gehate motor voertuie. Hy staan daar in die motorhuis of voor die die deur, geduldig en wag om ons te vervoer van punt a tot punt b en soms verder. Altyd betroubaar en sonder nukke.

Nou het ons hom nodig. Ons maak die deur oop en klim in. Sitplek gestel om ons stewig te ondersteun. Ons plaas die sleutel waar hy moet wees. Maak seker dat die handrem los is, en die voertuig in rat geplaas is. Nou skakel ons die motor aan. Dit luier saggies. Ons kyk om ons rond om te sien of dit veilig is. Dan trap ons die versneller en los die koppelaar. Die motor beweeg vorentoe en begin momentum optel. Skielik is daar ‘n slag en jy lê op jou rug. Die betroubare sitplek leuning het gebreek.

Met die skielike verandering van jou posisie trap jy die versnelller diep weg en die motor dreun vorentoe. Die motor is nog steeds in die rigting waar jy wil hê dit moet gaan, net nou kan jy nie meer die pad sien nie. Jou “SUPPORT” is weg en nou het jy skielik in ‘n lewensgevaarlike situasie beland.

Nou het jy dringend hulp nodig. In die wêreld van die verslaafde is dit dieselfde. Jy kan alles in jou lewe in die regte koers plaas en volkome in beheer wees van jou situasie. As daar egter geen “SUPPORT” is nie, dan is dit lewens gevaarlik om in daardie posisie te wees.

Ek vra een van my vriende – ‘n verslaafde – wat kan ek en Omgee doen om hom te help. Hy het lank na my gekyk en toe gesê. SUPPORT, SUPPORT, SUPPORT.

Die laaste ding wat een van hierdie ouens wil hê is dat ons hom moet veroordeel. Wanneer die sitplek van die motor meegee en dit raak buite beheer, dan skiet ons nie die bestuurder nie, ons herstel die sitplek. Ons herstel die “SUPPORT”.

Wanneer ons na die mense kyk moet ons sien waar kan ons die “support” herstel en hulle voertuig weer aan die gaan kry en in die regte rigting hour. Liewe “onverslaafdes” voordat jy oordeel vind eers uit waar kan jy “SUPPORT”?

Groete

EKKE.

Posted in Blog, Omgee Stories.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *